Botrivier, Wes-Kaap
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Botrivier)
- Hierdie artikel handel oor die dorpie in die Wes-Kaap. Vir die rivier self, sien Botrivier (rivier).
Botrivier | |
|---|---|
| Koördinate: 34°13′33″S 19°12′18″O / 34.22583°S 19.20500°O | |
| Land | |
| Provinsie | Wes-Kaap |
| Distriksmunisipaliteit | Overberg |
| Plaaslike Munisipaliteit | Theewaterskloof |
| Wyk | 7 |
| Oppervlak | |
| • Land | 3,23 km2 (1,25 vk. myl) |
| Bevolking | |
| • Totaal | 4 052 |
| • Digtheid | 1 254,5/km2 (3 249/vk. myl) |
| Tydsone | UTC+2 (SAST) |
| Poskode | 7185 |
| Skakelkodes | 028 |
Botrivier is 'n dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Volgens die 2001-sensus het die dorp 'n bevolking van 4 052 gehad.[1] Die dorp lê langs die N2 nasionale pad. Die R43-provinsiale pad na Hermanus draai hier af. Vandag is die distrik bekend vir sy uie. Die naam is afgelei van al die botter wat hier gemaak is.[2]
