Encanto
| Encanto | |
|---|---|
| Regisseur | |
| Produksieleier | |
| Met | |
| Musiek deur | Liedjies: Lin-Manuel Miranda Oorspronklike musiek: Germaine Franco |
| Speeltyd | 102 minute |
| Land | VSA |
| Taal | Engels |
| IMDb-profiel | |
Encanto is 'n Amerikaanse rekenaargeanimeerde familie-rolprent uit 2021. Dit is die 60ste Disney-animasiefliek. Die rolprent is geregisseer deur Jared Bush en Byron Howard. Dit is deur Yvett Merino en Clark Spencer vervaardig in die ateljees van Walt Disney Animation Studios. Die stemme van Stephanie Beatriz, María Cecilia Botero, John Leguizamo, Mauro Castillo, Jessica Darrow, Angie Cepeda, Carolina Gaitán, Diane Guerrero, en Wilmer Valderrama kom onder andere daarin voor.
Rolverdeling
[wysig | wysig bron]- Stephanie Beatriz as Mirabel Madrigal
- María Cecilia Botero as "Abuela" Alma Madrigal
- John Leguizamo as Bruno Madrigal
- Mauro Castillo as Félix Madrigal
- Jessica Darrow as Luisa Madrigal
- Angie Cepeda as Julieta Madrigal
- Carolina Gaitán as Pepa Madrigal
- Diane Guerrero as Isabela Madrigal
- Wilmer Valderrama as Agustín Madrigal
- Rhenzy Feliz as Camilo Madrigal
- Ravi Cabot-Conyers as Antonio Madrigal
- Adassa as Dolores Madrigal
- Maluma as Mariano Guzman
Vrystelling
[wysig | wysig bron]Die film is vrygestel in teaters in Verenigde State op 24 November 2021 en was vrygestel op Ultra HD Blu-ray, Blu-ray, DVD, en digitale aflaai op 8 Februarie 2022.
Ontvangs
[wysig | wysig bron]Resensies
[wysig | wysig bron]Op Rotten Tomatoes gee 92% van 210 beoordelaars die rolprent 'n positiewe resensie, met 'n gemiddelde telling van 7,5/10.[1] Webwerf Metacritic bereik 'n telling van 75/100, gebaseer op 41 resensies.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Encanto (2021)". Rotten Tomatoes (in Engels). Fandango. Besoek op 27 Desember 2024.
- ↑ "Encanto Reviews". Metacritic (in Engels). CBS Interactive. Besoek op 2 Mei 2022.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Encanto in die Internet-rolprentdatabasis
- Encanto by Rotten Tomatoes
- Encanto by Metacritic