OGC Nice
| OGC Nice | |||||||||||||||||||||||||||||||||
| Volle naam | Olympique Gymnaste Club de Nice | ||||||||||||||||||||||||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Bynaam/me | Les Aiglons (Die Arende) Le Gym | ||||||||||||||||||||||||||||||||
| Stigting | 9 Julie 1904 | ||||||||||||||||||||||||||||||||
| Tuisveld | Allianz Riviera, Nice | ||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kapasiteit | 36 178[1] | ||||||||||||||||||||||||||||||||
| Eienaar | |||||||||||||||||||||||||||||||||
| Voorsitter | |||||||||||||||||||||||||||||||||
| Afrigter | |||||||||||||||||||||||||||||||||
| Liga | Ligue 1 | ||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||
Olympique Gymnaste Club de Nice (Franse uitspraak: [ɔlɛ̃pik ʒimnast klœb də nis]), algemeen bekend as OGC Nice of net Nice, is ’n Franse professionele sokkerklub wat in Nice gebaseer is. Die klub is in 1904 gestig en speel tans in Ligue 1, die hoogste afdeling van Franse sokker. Nice speel sy tuiswedstryde in die Allianz Riviera.
Nice is oorspronklik gestig onder die naam Gymnaste Club de Nice en is een van die stigterslede van die eerste afdeling van Franse sokker. Die klub het Ligue 1 vier keer gewen, die Trophée des Champions een keer en die Coupe de France drie keer. Die meeste van sy eerbewyse is in die 1950’s behaal, toe die klub bestuur is deur afrigters soos Numa Andoire, die Engelsman William Berry, en Jean Luciano. Die klub se jongste trofee was die Coupe de France in 1997, nadat hulle Guingamp in die eindstryd op strafskoppe met 4–3 verslaan het. Nice se kleure is rooi en swart.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "OGC Nice Stadium - Allianz Riviera". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2017. Besoek op 16 Februarie 2019.