Sint-Genesius-Rode
Sint-Genesius-Rode Rhode-Saint-Genèse | |
|---|---|
Munisipaliteit | |
Prieuré de Sept Fontaines | |
Ligging van Rhode-Saint-Genèse in die provinsie Vlaams-Brabant | |
| Koördinate: 50°43′59″N 4°21′00″O / 50.73306°N 4.35000°O | |
| Land | |
| Gewes (deelstaat) | |
| Provinsie | |
| Regering | |
| • Burgemeester | Pierre Rolin (IC-GB) |
| Oppervlak | |
| • Totaal | 22,77 km2 (8,79 vk. myl) |
| Bevolking | |
| • Totaal | 17 934 |
| • Digtheid | 790/km2 (2 000/vk. myl) |
| Poskode | 1640 |
| Skakelkodes | 02 |
| Webwerf | www.sint-genesius-rode.be |
Sint-Genesius-Rode (Nederlands: [sɪnt xeːˌneːsɪjɵs ˈroːdə] , Frans: Rhode-Saint-Genèse [ʁɔd sɛ̃ ʒəˈnɛːz]) is 'n stad in die Nederlandstalige Belgiese provinsie Vlaams-Brabant met 'n oppervlak van 22,77 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 18 000 (2013). Sint-Genesius-Rode is een van die voorstede van die Belgiese hoofstad Brussel, wat Franse taalfasiliteite aanbied, alhoewel dit in die Nederlandstalige gewes Vlaandere lê.
Bevolking
[wysig | wysig bron]Tans is sowat sestig persent van die bevolking Franstalig, terwyl veertig persent Nederlands praat. Daar is ook minderhede van EU-burgers (veral medewerkers van internasionale ondernemings en organisasies) en Amerikaners.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Vanweë sy ligging tussen Brussel en Waals-Brabant en ook danksy die spoorwegverbinding tussen Brussel en Eigenbrakel (Frans: Braine-l'Alleud) vestig talle Brusselaars en Wale hulle in die 20ste eeu in Sint-Genesius-Rode. In 1963 kry die stad taalfasiliteite vir sy Franstalige bewoners. Die stad word in 1995 deel van die nuwe provinsie Vlaams-Brabant.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sint-Genesius-Rode.- (fr) (nl) Die amptelike webwerf van Sint-Genesius-Rode