Ypsilon
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Ypsilon (/ˈipsilon/, hoofletter Υ, kleinletter υ; Grieks: ύψιλον ýpsilon [ˈipsilon]) is die 20ste letter van die Griekse alfabet. In die Griekse numeriese stelsel het dit 'n waarde van 400. Dit is van die Fenisiese letter waw afgelei. Die Latynse Y is van die Griekse ypsilon afkomstig, en in verskeie Europese tale word Y nog steeds 'n Griekse I genoem.
Etimologie
[wysig | wysig bron]Die naam van die letter was oorspronklik slegs υ, maar die naam het na υ ψιλόν (=υ-psilon, 'υ-eenvoudig') verander om dit te onderskei van οι, wat mettertyd dieselfde uitspraak gekry het.
Uitspraak
[wysig | wysig bron]In vroeë Attiese Grieks (6de eeu v.C.) is ypsilon as [u] ('n geronde geslote agterklinker soos in boek) uitgespreek.[1][2] In Klassieke Grieks en tot so onlangs as 1030 is dit as [y] ('n geronde geslote voorklinker soos in nuut) uitgespreek.[3] In Moderne Grieks word dit as [i] uitgespreek, behalwe vir die digrawe ⟨αυ⟩ en ⟨ευ⟩ waar dit as /f/ of /v/ uitgespreek word en ⟨ου⟩ waar dit as /u/ uitgespreek word. In Antieke Grieks het dit in beide kort en lang weergawes voorgekom, maar in Moderne Grieks word daar nie 'n lengte-onderskeid getref nie.
As 'n eerste letter in Klassieke Grieks het dit altyd met growwe asemhaling (spiritus asper; soortgelyk aan h) gepaard gegaan, soos nog steeds gesien kan word in woorde van Griekse afkoms, soos dié wat met hiper- of hipo- begin. Hierdie growwe asemhaling is van 'n ouer uitspraak afgelei wat eerder 'n sibilant gebruik het; hierdie sibilant is in Latyn behou en het kognate soos super- (vir hiper-) en sub- (vir hipo-).
Ypsilon het as die tweede element in vallende diftonge deelgeneem, wat sedertdien op verskillende wyses ontwikkel het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Woodard, Roger D. (12 Junie 1997). Greek Writing from Knossos to Homer: A Linguistic Interpretation of the Origin of the Greek Alphabet and the Continuity of Ancient Greek Literacy. Oxford University Press. ISBN 9780195355666 – via Google Books.
- ↑ Mastronarde, Donald J. (21 Februarie 2013). Introduction to Attic Greek. University of California Press. ISBN 9780520275713 – via Google Books.
- ↑ F. Lauritzen, "Michael the Grammarian's irony about Hypsilon. A step towards reconstructing Byzantine pronunciation", Byzantinoslavica, 67 (2009)
