Gaan na inhoud

Stutterheim

Stutterheim
Bethel Sendingkerk in Stutterheim
Bethel Sendingkerk in Stutterheim
Stutterheim is in Oos-Kaap
Stutterheim
Stutterheim
 Stutterheim se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°34′S 27°25′O / 32.567°S 27.417°O / -32.567; 27.417
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikAmathole
MunisipaliteitAmahlathi
Stigting1876
Regering
  Vernoem naRichard von Stutterheim
Oppervlak
  Totaal121,42 km2 (46,88 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal24 673
  Digtheid203/km2 (530/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense4.5%
  Indiërs/Asiërs0.2%
  Bruin mense4.4%
  Swart mense90.7%
  Ander0.3%
Taal (2011)
  Xhosa 87.4%
  Afrikaans 5.8%
  Engels 5.0%
  Ander 1.8%
Poskode (strate)
4930
Poskode (posbusse)
4930
Skakelkode043

Stutterheim is 'n dorp in Suid-Afrika, in die provinsie van die Oos-Kaap.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Dit is gestig in 1858 en vernoem na generaalmajoor baron Richard von Stutterheim (1815-1871), bevelvoerder van die Duitse Legioen tydens die Krimoorlog en leier van die 2 400 mans, vroue en kinders wat hulle na die oorlog omstreeks 1857 in die Oos-Kaap kom vestig het. Hulle het grond en geldelike hulp van die Britse regering ontvang as blyk van waardering vir die vrywilligers se hulp tydens die oorlog.

Distrik

[wysig | wysig bron]

Die distrik is 1 600 km² groot. Daar is groot denne- en wattelplantasies in die distrik, wat floreer as gevolg van die jaarlikse reënval van 500 mm tot 900 mm. Ander belangrike produkte is wol, beesvleis, sitrusvrugte en suiwel. Die beroemde Dõhne-merino is by die Landbounavorsinginstituut Döhne ongeveer 8 km van die dorp ontwikkel. Die graf van Sandile nou 'n nasionale monument hoofman van die Ngqika Xhosas is by Mount Kemp, suidwes van Stutterheim.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 4 "Hoofplek Stutterheim". Sensus 2011.

Bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]